Kimberley se ‘giftige meer’: Kamfersdam se rioolput, regsgedinge
Die Sol Plaatje-munisipaliteit in Kimberley staar ‘n interdik-aansoek en ‘n parallelle strafsaak in die gesig wat deur die departement van water en sanitasie aanhangig gemaak is vir die versuim om “besmette” water by Kamfersdam aan te pak. Die munisipaliteit kry die skuld vir die storting van onbehandelde volumes afvalwater in die dam.
