NELSPRUIT – ‘n 30-jarige man wat op Kromdraai pad in Vosman naby Witbank geloop het, is Woensdagoggend, 20 Maart 2024 deur ses verdagtes aangeval wat ‘n groen Opel Corsa-bakkie bestuur het.
Hulle het sy hande en bene vasgebind en hom toe in bosse ingery waar hulle altwee sy hande geamputeer en gevlug. Die slagoffer is deur veiligheidsbeamptes gered en is nou in die hospitaal. Die polisie het ‘n saak van poging tot moord geopen en is besig om die verdagtes te agtervolg.
