Omkoopgeld van R1 800 lei tot ‘n agt jaar tronkstraf vir ‘n polisiebeampte

‘n 41-jarige polisiebeampte is in die Polokwane Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Limpopo skuldig bevind en gevonnis op aanklagte van korrupsie. Godfrey Avhasei Matheledza van Muila Village is tot 16 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die hof het gelas dat die vonnisse gelyktydig uitgedien word, wat beteken dat hy effektief agt jaar tronkstraf sal uitdien. Die tweede beskuldigde in…

Lees Meer

Kuruman-plaasmoord: Beskuldigdes bly agter tralies

Potso Bogodile (21), Jan Tata (18), Orabile Vincent Motsewakgosi (24) en Kabelo Tata (26) het tydens die verrigtinge Vrydag (8/8) deur hul regsverteenwoordiger beswaar aangeteken teen die wyse waarop hulle voor die hof gebring is. Hulle hou vol dat hul inhegtenisneming onregmatig was, sê Lize-Mari Smit, AfriForum se Karoo-distrikskoördineerder. Die vier mans word verbind met…

Lees Meer

Joshlin Smith-verhoor: Wat is volgende vir sleutelgetuie Laurentia Lombaard?

Terwyl die soektog na die vermiste Joshlin Smith voortduur, word verwag dat die voormalige beskuldigde wat staatsgetuie geword het, Laurentia Lombaard, hierdie week haar lot in die Wes-Kaapse Hooggeregshof sal weet. Lombaard is in hegtenis geneem en saam met Kelly Smith aangekla vir die ontvoering van Joshlin Smith. Die sesjarige Saldanha-meisie het op 19 Februarie…

Lees Meer

Vier lewenslange vonnisse plus 42 jaar vir reeksverkragter-taxi operateur

Die Oos-Kaapse hooggeregshof het taxi-operateur, Thembelani Mrwetyana, tot vier lewenslange vonnisse vir verkragting, twee vonnisse van 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede, en twee vonnisse van ses jaar vir ontvoering gevonnis. Die vonnisse hou verband met twee afsonderlike voorvalle waarin Mrwetyana, 26 jaar oud, en ‘n mededader ‘n taxi gebruik het om niksvermoedende vroue…

Lees Meer

Moorde op varkplaas in Limpopo: Aanklagte teruggetrek teen ‘n beskuldigde wat staatsgetuie geword het

Die staat het amptelik die aanklagte teen Rudolf de Wet, die tweede beskuldigde in die gruwelike Onverwacht-varkplaas-dubbelmoordsaak, teruggetrek nadat hy as ‘n staatsgetuie bevestig is. Die hofsaak neem ‘n aanvang vanaf 6 tot 17 Oktober 2025. Volgens Polokwane Review het De Wet vanoggend in die Limpopo Hooggeregshof verskyn na aanleiding van sy versoek vroeër vandeesweek…

Lees Meer

Polisie lê beslag op meer as 56 000 videos’ en beeldmateriaal van kindermishandeling in Standerton-operasie

‘n 59-jarige man is in Standerton in hegtenis geneem na die ontdekking van meer as 56 000 video’s en beeldmateriaal watseksuele misbruik van kinders uitbeeld, wat die 16de arrestasie onder die voortgesette SAPD Operasie Bad Vibes is. Polisiewoordvoerder Lt. Kol. Amanda van Wyk het gesê die arrestasie het op Woensdag 30 Julie plaasgevind toe ‘n…

Lees Meer

Dramatiese redding: Vier familielede, insluitend kinders, van ontvoerders gered

‘n Gesin van vier, insluitend twee minderjarige kinders, is Woensdagoggend ongedeerd van vermeende ontvoerders in Limpopo gered. Die gesin is Dinsdag deur drie gewapende verdagtes uit hul huis in Mareseleng-dorp ontvoer. Die polisie het gesê dat ‘n saak van ontvoering waarby ‘n gesin betrokke was, in die vroeë oggendure van Dinsdag aangemeld is in Mareseleng-dorp,…

Lees Meer