‘n Polisiesersant van Laingsburg speurderdienste is gister in hegtenis geneem vir omkoopgeld van ‘n taxibestuurder om arrestasie te vermy op 5 Desember 2023.
Sersant Wesley Twigg, woordvoerder van SAPD het onthul dat die beampte het R2500 van die bestuurder geëis wie se voertuig met ‘n bedrog saak in Midrand verbind is. Na die onderhandeling het die sersant R1000 kontant ontvang. Die bestuurder en passasier is vrygelaat.
Die saak is by die teenkorrupsie-eenheid aangemeld, wat tot die verdagte se inhegtenisneming gelei het. Die verdagte sal na verwagting Maandag in die Worcester-landdroshof verskyn.
Die publiek kan SAPD-korrupsie aan luitenant-kolonel Jonathan Amon rapporteer 082 301 9983 of Crime Stop by 08600 10111.
