VRYSTAAT – Twee mense het begin baklei terwyl hulle saam by ‘n huis gesit het. Die bakleiery het op die een dood geëindig en die ander een is in hegtenis geneem.
Op Vrydag, 22 Maart 2024 omstreeks 12:30 het die gesin by Sandrai Plaas naby Warden saam gesit toe die twee mense begin baklei het. Die 23-jarige verdagte het sy ma se 30-jarige swaer een keer gesteek en van die toneel gevlug.
Die polisie is na die toneel ontbied en het op die lewelose liggaam van ‘n Afrika-man afgekom wat met ‘n kombers op die grond gelê het. Voorlopige ondersoeke het aan die lig gebring dat die slagoffer een keer in die bors gesteek is en gesterf het.
Warden-polisie het ‘n soektog van stapel gestuur en inligting wat ontvang is, het hulle na Mphatlalatsane in Phuthaditjhaba gelei. In samewerking met die Phuthaditjhaba-polisie is die 23-jarige verdagte in hegtenis geneem.
Hy sal binnekort in die Warden-landdroshof verskyn vir moord.
