VRYSTAAT – ‘n 35-jarige man is vir moord in Parys in hegtenis geneem.
Daar word beweer dat die polisie op Donderdag, 21 Maart 2024 omstreeks 12:00 ‘n klag van skietery naby ‘n bank in Parys ontvang het.
By aankoms op die toneel het lede die liggaam van ‘n 41-jarige man, geïdentifiseer as mnr Amos Eromosele, gevind waar hy nie reageer het nie. Die nooddienste het die onbekende man dood verklaar.
Die oorledene het verskeie skietwonde opgedoen. Die saak is aan die Fezile Dabi Distrik Trio Taakspan oorhandig en hulle het inligting ontvang dat die verdagte in die omgewing van Parys is. Hy is opgespoor en gearresteer.
Die 35-jarige verdagte sal binnekort in die Parys-landdroshof verskyn.
