‘Kerklidmaat’ in hegtenis geneem ná drievoudige moord op Egiptiese Koptiese monnike in Cullinan
’n Lidmaat van die Egiptiese Kopties-Ortodokse Kerk in Suid-Afrika is in hegtenis geneem ná die moord op drie priesters by ’n klooster in Cullinan naby Pretoria, het ’n bron gesê. Assistent-biskop Vader Takla Moussa, Vader Minah ava Marcus en Vader Youstos ava Marcus is Dinsdag in die vroeë oggendure by die Saint Mark en Saint…
