Groblersdal – vyfde beskuldigde gee homself oor

Oos-transvaal. – Dries Olivier, die voormalige burgemeester van Groblersdal, ook betrokke op die dag van die vreedsame optog toe Francois van der Merwe in hegtenis geneem is, het homself vandag aan die polisie oorgegee.

Francois van der Merwe van die Bittereinders en medebeskuldigde sê Olivier is in hegtenis geneem, waarna hy in die landdroshof verskyn en op borg van R5 000 vrygelaat is.

Olivier sal weer op 4 April saam met Van der Merwe, Wilem Petzer, Devon Hofmeyr en Tewie Wessels in die hof verskyn.

“Op hierdie stadium kan ek u nie meer inligting gee nie, maar ek sal julle op hoogte hou tot die beste van my vermoë.”

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui