Mxolisi Kaunda, burgemeester van eThekwini, sê dit sal minstens twee weke neem om dienslewering te herstel ná die staking van die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersunie (Samwu). Kaunda sê Samwu het Maandag ‘n memorandum aan sy lede uitgereik waarin hulle opdrag gegee het om terug te keer werk toe. Die staking het die stad lamgelê, wat water, elektrisiteit en vullisverwydering beïnvloed.
Dit het tot wydverspreide betogings gelei.
Kaunda sê meer as 300 vrywilligers sal die stad skoonmaak wat met hope vullis besaai is. “Ons kyk ook daarna om gemeenskappe self te betrek, waar ons gemeenskappe werf om te sê ’n tydperk van ’n jaar of twee jaar gaan jy vullis insamel en dit is hoe ons jou sal betaal om ’n werknemer van die munisipaliteit te word.” “Ons werk ook saam met UIP’s om die stad skoon te hou en wet en orde te herstel. Ons wil die staking afsluit sodat ons ‘n nuwe hoofstuk open om ‘n hoofstuk van hoë vlak van dissipline te installeer,” voeg Kaunda by.
Kaunda sê 81 werknemers is op voorsorg geskors vir wangedrag, meer as 1 800 werknemers is kennis gegee van wangedrag.
Nog 88 werknemers is afgedank.
Hy het ook die dood van ‘n toesighouer by die begraafplaas en krematorium departement in Umlazi die naweek bevestig en dit toegeskryf aan gewelddadige dade van misdadigheid. Ten spyte van Kaunda se versekering dat Samwu terug is om te onderhandel, gaan gemeenskap betogings regoor die stad voort.
