Brand by Steve Biko hospitaal in Pretoria is geblus
https://twitter.com/GautengHealth/status/1860272328040456472 Sommige pasiënte en personeel by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria is ontruim ná ‘n brand by die hospitaal in die vroeë oggendure. Geen beserings is aangemeld ná die brand, wat intussen geblus is nie. Lindsay Mnguni by die Stad Tshwane-nooddienstedepartement beskryf die voorval. “Brandbestryders het drie meganiese positiewe drukventilasie-eenhede gebruik om rook…
