Polisie ondersoek saak van vrou wat aangerand was in Uber
Die Kaapstad Sentraal-polisiestasie het op 15 November 2024 ‘n roofsaak geopen nadat Chera-Lee le Roux (28) op 14 November in ‘n wit Suzuki Uber in Strandstraat, Kaapstad, aangeval is. Le Roux was omstreeks 21:40 op pad na Groenpunt deur ‘n groep mans genader. Sy het op 14 November in ‘n Uber in Strandstraat, Kaapstad, geklim…
