Is jou woord jou eer?

Hierdie gedeelte kom uit Manna uit die Woord gepubliseer 26 Julie 2022

“Maar bo alles, my broeders, moenie sweer nie: nie by die hemel nie, ook nie by die aarde nie en ook geen ander eed nie; maar laat julle ja ja wees en julle nee nee, sodat julle nie onder ‘n oordeel val nie.” JAKOBUS‬ ‭5:12‬ ‭AFR53‬‬

• As ek wil weet of iemand die waarheid praat of nie dan vra ek, “Op grond van Jak 5:12 het jy dit gedoen of nie”.

• Dan skrik mense en vra wat sê Jak 5:12 “Laat jou ja, ja wees en jou nee, nee wees.

• Geliefde, ‘n mens se woord is sy eer en so maklik vertel ons partykeer’n wit leuntjie. Jou woord spreek van jou karakter en eerlikheid en getrouheid.

• Moenie sê ek belowe of ek sweer nie maar laat jou woord jou eer wees en spreek van eerlikheid en opregtheid.

Gebed: Here dit is party so maklik om ‘n wit leuntjie te vertel, maar ek bid vandag dat my woord my eer sal wees en my ja, ja en my nee, nee sal wees.

In Jesus naam. Amen

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui