Onwettige mynwerkers in Kleinzee gearresteer
KIMBERLEY – Op Maandag, 25 Maart 2024, is Operasie Vala Umgodi-aksies uitgevoer deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in die Bontekooi-nedersetting in die Kleinzee-omgewing. Die gesamentlike operasionele span het vyf ongedokumenteerde Zimbabwiese mans, vier Lesotho-mans en een Mosambiekse man in hegtenis geneem. Die span het op ‘n 19-jarige Zimbabwiër afgestorm…
