Mooinooi Huis roof Woensdag 2024-03-27 om 02:00 – Slagoffer met stokke geslaan

’n Huis roof Mooinooi op die R104 pad, 2024-03-27 om 02:00 plaasgevind.

Twee Swart mannetjies, een met ‘n gestreepte t-hemp met donker jeans en ‘n wit masker op sy gesig, geen beskrywing van tweede verdagte nie. Verdagtes het in ‘n gebroke Engels met die slagoffer gepraat. Hulle het toegang verkry deur die heining te sny. Gewapen met stokke wat hulle gebruik het om die slagoffers te slaan.

Eiendom gesteel:

  • Plasma TV 42″ – R6500-00
  • Dell skootrekenaar – R2500-00
  • Juweliersware – R1200-00

Omstandighede:

Die klaagster voer aan dat sy en haar man op Woensdag 2024-03-27 omstreeks 02:00 geslaap het toe hulle wakker gemaak is deur die blaf van die honde. Hulle kon ‘n persoon buite by die heining sien en haar man het op die verdagte geskree wat toe gevlug het. Die slagoffers het buitentoe gegaan om ondersoek in te stel en gevind dat die heining gesny is.

Die slagoffer het probeer om die heining reg te maak toe die twee verdagtes teruggekeer en hulle aangeval het. Die verdagtes was gewapen met stokke wat hulle gebruik het om die slagoffers te slaan en slagoffers het aansienlike beserings opgedoen en is deur ‘n ambulans van ER24 na die hospitaal geneem.

Die verdagtes het toegang tot die oop huis verkry en voortgegaan om die slagoffers van die genoemde eiendom te beroof. Geen voertuig is deur die slagoffers gesien nie.

One thought on “Mooinooi Huis roof Woensdag 2024-03-27 om 02:00 – Slagoffer met stokke geslaan

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui