Tru-Cape Fruit Marketing is 2024 se nasionale verskaffer van die jaar vir vrugte en groente.
As deel van Afrika se grootste kleinhandelaar se jaarlikse nasionale verskafferstoekennings, het die Shoprite Groep van Maatskappye Tru-Cape Fruit Marketing as Verskaffer van die Jaar erken. Die nasionale rondte van die Shoprite Groep se Verskafferstoekennings word jaarliks in Stellenbosch gehou om erkenning te gee aan verskaffers vir hul ondersteuning en samewerkende benadering tot die maatskappy…
