Sentraal Transvaal (Gauteng) en Natal voorlopers in Suid-Afrika in kontant-in-transito-rooftogte
Sentraal Transvaal en Natal is tans die provinsies met die hoogste risiko vir kontant-in-transito (KIT) rooftogte. In die eerste ses maande van die jaar is byna 100 KIT’s in Suid-Afrika aangeteken, volgens die Kontant-in-Transito Vereniging van Suid-Afrika (Citasa). ‘n Provinsiale ontleding van hierdie rooftogte het die volgende aan die lig gebring: Sentraal Transvaal (34%), Natal…
