Die polisie lê beslag op dwelms met ‘n geraamde straatwaarde van R7 Miljoen op die N1 in Laingsburg
LAINGSBURG – Die strategiese ontplooiing van polisie langs snelweë, deurpaaie en sekondêre paaie in die aanloop tot Paasnaweek-vieringe het reeds dividende gelewer met die konfiskering van dwelms met ‘n geraamde straatwaarde van R7 miljoen op die N1 by Laingsburg. Op Woensdag, 27 Maart 2024 omstreeks 21:20, het Laingsburg-polisielede ‘n voertuig kontrolepunt op die snelweg uitgevoer…
