Brandbestryders het op die toneel gebly ná ‘n bergbrand wat gisteraand teen die hange van Duiwelspiek in Kaapstad uitgebreek het.
Die Tafelberg Nasionale Park het die Stad Kaapstad bygestaan wat verskeie spanne, brandweerwaens en water tenkwaens ontplooi het om die vlamme wat sterk wind aanblaas, te beheer.
Jermain Carelse, woordvoerder van die Stad se brandweer, “’n Noodoproep is omstreeks 19:45 ontvang van berghange wat net onder Duiwelspiek afgevuur het. Verskeie hulpbronne is ontplooi en brandbestryders bestry nie net die omvang van die brand nie, maar het ook te kampe met ‘n baie sterk wind wat die intensiteit en verspreiding van die brand verhoog. Daarbenewens is ‘n Insident bestuurspan Tipe 4 ontplooi om koördinering te verskaf en te verseker dat ons die voorval in bedwang hou. Spanne van TMNP help met brandbestryding pogings van Devil’s Peak se kant af. As gevolg van hierdie voorval is Philip Kgosana-rylaan inkomende gesluit tot verdere kennisgewing. Dit is ’n baie vloeiende situasie en in hierdie stadium is geen eiendom beskadig nie.”
