Kaapse seekoeibul in Plettenbergbaai hervestig
‘n Vierjarige seekoeibul van die Valsbaai-natuurreservaat is op 22 Julie in ‘n 17 uur lange operasie na ‘n wildreservaat in Plettenbergbaai verskuif. Die Stad Kaapstad se biodiversiteitsbestuurtak het die verskuiwing suksesvol uitgevoer deur ná maande se beplanning onder meer van ’n vangboma, hyskraan, vragmotor en veeartsenykundige toesig gebruik te maak. Jason Love van Die Stad…
