Suikerbosrand, ’n geskiedkundige reis deur Heidelberg se verlede

Volgens geskiedkundige inskrywings is die Suikerbosrand, wat net buite Heidelberg is, glo deur Generaal Hendrik Potgieter so vernoem.

Volgens dagboek inskrywings deur JDG Bronkhorst het hy Potgieter vergesel en op 24 Mei 1836 het Bronkhorst tesame met Potgieter, Roelof Janse van Vuuren, Carel Cilliers, Abraham Swanepoel, Adrian de Lange, Daniel Opperman, H Niewenhuizen, en Christiaan Liebenberg begin met hulle reis vanaf die Sandrivier.

Die geselskap het deur die Heidelberg area beweeg en by ‘n bergrand aangekom. Met hul aankoms in die area, wat nou bekend is as Suikerbosrand het hulle baie suikerriete gewaar.

Die area was aanvanklik glo net Rand genoem maar toe hulle die suikerriete opmerk het die naam Suikerbosrand die lig gesien.

Dit is aangeteken dat daar in 1836 alreeds blanke setlaars in die area gewoon het. Daar word geglo dat die eerste setlaars in die ou Transvaal in die Heidelberg omgewing gehuisves was.

Die vroeë setlaars het by Blinkpoort en Laagerspoort kamp opgeslaan. Die kampe was sowat 8km buite Heidelberg.

Die setlaars het getrek van Beaufort Wes omgewing op pad na Transvaal toe om ‘n nuwe lewe te begin. Een van die setlaars was Gabriel Stephanus Maré tesame met sy vrou Anna Margarietha en hulle kinders. Die Maré familie het ‘n groot rol in Heidelberg se geskiedenis gespeel.

Die eerste landdros in Heidelberg was FK Maré. Teen 1859 was Suikerbosrand opgedeel in plase. Van die oudste plase was Goedgedacht wat deur NH Strydom besit was, Houtpoort se eienaar was PF Strydom en Langlaagte was oorspornklik deur DJJ Strydom besit.

In 1859 het Langlaagte van eienaarskap verwissel met Ockert Andries Strydom en JL Venter as die nuwe eienaars.

PF Strydom was die eerste diaken in Heidelberg en het in 1852 van sy amp afstand gedoen as gevolg van gesondheid.

Die plaas Langlaagte was geproklameer as Heidelberg in 1866.

Die Strydom, Venter en Maré families was al drie geëerd dat strate in Heidelberg na hulle vernoem was.

Die enigste verskil is dat die straat Fenter anders gespel is as die gewone spelling.

Die lied Sarie Marais wat deur talle Afrikaners gesing was, was ook geskryf met die Suikerbosrand as tema.

Daar is vandag ook die Suikerbosrand Natuur Reservaat net voor die Heidelberg Distrik sowel as Suikerbosrand Life Hospitaal.

Hendrik Potgieter is in 1852 oorlede in Schoemansdal.

Verwysing: Dagboek Inskrywing van JDG Bronkhorst.

Heidelberg Nigel Hearut

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui