Skoolhoof doodgeskiet in Kraaifontein
Die hoof van ‘n Laerskool in Bloekombos (Laerskool Ekuthuleni) is buite die skoolperseel doodgeskiet. Die polisie in Kaapstad sê 3 aanvallers het die skoolhoof se motor genader toe hy voor die skool in Henzikilestraat stilgehou het en op hom losgebrand het. Die 54-jarige skoolhoof is dood, terwyl sy vroulike passasier beseer is. Die verdagtes het…
