‘n Gesamentlike operasie teen die uitbraak van voedseloordraagbare siektes is uitgvoer deur die Mpumalanga Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit, Thaba Chweu-munisipaliteit, die polisie, Mpumalanga Ekonomiese Reguleerder, en Binnelandse Sake.
Kositems wat in verskeie winkels in Lydenburg gevind is wat oud of vrot is, sluit in gaskoeldrank, blikkieskos, beskuitjies, versnaperinge, vleis en eiers. Daar is beslag gelê op hierdie items.
Daar is ook gevind die betrokke winkels voldoen nie aan higiëniese standaarde nie.
Die burgemeester van Thaba Chweu, Friddah Nkadimeng, waarsku inwoners om die vervaldatums op die kos wat hulle koop na te gaan.
Nog sulke operasies word beplan.
