Kassier gyselaar gehou tydens OTM-bomaanval in Spartan, Kempton Park
Tydens die roof is daar op ‘n koerantafleweringsbestuurder wat by die vulstasie aangekom het, geskiet. Geen beserings is aangemeld nie. ’n 28-jarige vrou is gyselaar gehou terwyl drie mans ’n OTM gebombardeer en ’n brandstofvulstasie op Zuurfonteinweg in Spartan, Kempton Park beroof het. Volgens Sebenza SAPD-woordvoerder, Sargent Sharon Tsotsotso, het die voorval kort voor 01:00…
