WES-KAAP – Ceres. Ceres in die Wes-Kaap het die hoogste sneeuval in meer as 20 jaar ervaar.
Daar het tot 30cm se sneeu op die Bo-Swaarmoedpad geval. Die sneeu het Sondagmiddag omstreeks 17h00 begin val, nadat die gebied sedert Saterdagnag 50mm reën gekry het.
