Russiese vliegtuig stort neer in Rusland se verre ooste, 48 mense aan boord sterf

‘n Passasiersvliegtuig uit die Sowjet-era het in Rusland se verre ooste neergestort terwyl dit voorberei het om te land, en al 48 mense aan boord is dood. Die vlug, wat deur die Siberiese Angara Airlines bedryf is en vanaf die stad Blagoveshchensk vertrek het, het Donderdag van die radar verdwyn en kontak met lugverkeersbeheerders verloor…

Lees Meer

Nog ‘n direkteur in Suid-Afrika beboet met R500,000 vir leuens oor ‘n PhD

Die JSE het Anushka Bogdanov met R500 000 beboet omdat sy gelieg het oor haar PhD, ‘n soortgelyke straf as wat ekonoom Thabi Leoka verlede jaar ontvang het. Bogdanov is in 2019 as ‘n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur van EOH aangestel. Sy het in 2020 in die Sosiale en Etiese, Bestuurs- en Risikokomitee, Nominasie- en Vergoedingskomitees…

Lees Meer

Kaapse seekoeibul in Plettenbergbaai hervestig

‘n Vierjarige seekoeibul van die Valsbaai-natuurreservaat is op 22 Julie in ‘n 17 uur lange operasie na ‘n wildreservaat in Plettenbergbaai verskuif. Die Stad Kaapstad se biodiversiteitsbestuurtak het die verskuiwing suksesvol uitgevoer deur ná maande se beplanning onder meer van ’n vangboma, hyskraan, vragmotor en veeartsenykundige toesig gebruik te maak. Jason Love van Die Stad…

Lees Meer

Verenigde State se sanksies teen korrupte Suid-Afrikaanse leiers een stap nader

Die Amerikaanse Kongreslid Ronny Jackson het ‘n wetsontwerp ingedien wat die Amerikaanse president kan laat sanksies oplê teen Suid-Afrikaanse regeringsamptenare en ANC-leiers. Die wetsontwerp, wat nou suksesvol deur die Buitelandse Sake- en Regterlike Komitees van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers geodgekeur is, sal ‘n volledige hersiening van die bilaterale verhouding tussen die Verenigde State en…

Lees Meer

Die groot begrotingsrisiko wat almal misgekyk het

Die Buro vir Ekonomiese Navorsing (BER) het ‘n groot risiko in die Nasionale Tesourie se jongste begrotingsaankondigings uitgelig, wat kan lei tot oorbesteding deur die regering op mediumtermyn. Dit is omdat die Tesourie inflasieteikens van ongeveer 4.5% gebruik vir koste-aannames oor die volgende drie jaar, wat departemente en provinsies sal gebruik om hul begrotings te…

Lees Meer

Lyttelton se gemeenskap word geteister deur hekmotordiefstal wat toeneem

Inwoners in Lyttelton word versoek om waaksaam te bly en stappe te doen om hul hekmotors te beveilig, aangesien diefstal van hierdie toestelle steeds in die gebied toeneem. Dit kom nadat verskeie hekmotordiefstalle in en om Lyttelton aangemeld is, wat kommer by inwoners en private sekuriteitsmaatskappye veroorsaak het. Lyttelton Sektor 2 GPF-voorsitter Merle van Staden…

Lees Meer