Die polisie ontbloot dwelmlaboratorium in Chatsworth
Twee mense is in Chatsworth in hegtenis geneem nadat die polisie op Valentynsdag toegeslaan het op ‘n dwelmvervaardigingsoperasie. Die eThekwini Munisipaliteit het gesê ‘n gesamentlike operasie deur Durban Metro en die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (bekend as die Valke) het ‘n “kombuislaboratorium” ontdek waar daar op dwelms soos mandrax en crack-kokaïen beslag gelê is. Die Stad…
