Vier dood, 51 steeds vermis nadat George-gebou ineengestort het
Vier lyke is uit die puin gehaal nadat ‘n gebou Maandag in George in die Wes-Kaap ineengestort het. In ‘n opdatering vroeg Dinsdagoggend het die George Plaaslike Munisipaliteit bevestig dat vier mense dood verklaar is en nog 20 gered is. Van diegene wat gered is, het meer as die helfte ernstige beserings gehad. Reddingswerkers soek…
