’n Gebou in aanbou in Victoriastraat het ineengestort.
Die publiek word dringend in kennis gestel dat toegang tot Victoria weg vanaf Yorkstraat versper is.
Nooddienste is op die perseel en ‘n aantal ambulanse sal nodig wees om die gebied binne te gaan weens veelvuldige pasiënte.
Die publiek moet asseblief daarvan weerhou om die voorval te probeer bekyk en wegbeweeg van Victoria weg om noodvoertuie maklike toegang te verleen.
GEORGE NUUS & VIDEO’S – Nooddienswerkers bevry die beseerdes uit die puin van die ineengestorte veelverdieping gebou wat in Victoriastraat in George in aanbou was.
Volgens ’n betroubare bron is sowat 59 mense glo vasgekeer, hoewel die omvang van hul beserings nie duidelik is nie.
George Herald is op die toneel.
Baie plaaslike nooddienste is by die reddingspoging betrokke. Chaos het in die onmiddellike omgewing losgebars met omstanders wat probeer het om ‘n blik op die ramp te kry terwyl reddingsvoertuie met loeiende sirenes in Yorkstraat op en af blaas.
Meer inligting sal volg sodra dit ontvang word.


