Jacob Zuma nie toegelaat om op 29 Mei vir verkiesing te staan nie – OVK
Die OVK het ‘n beswaar teen sy kandidatuur gekry op grond daarvan dat hy ‘n kriminele rekord het met ‘n vonnis van meer as 15 maande. Besware is deur verskillende politieke partye teen agt kandidate ingedien; sewe is geweier, met die beswaar teen Zuma die enigste wat gehandhaaf is, het die OVK-voorsitter Mosotho Moepya gesê….
