Theunissen munisipaliteit betaal afgedankte bestuurder vir 25 maande

Lungile Mokoteli, direkteur van tegniese dienste van Theunissen Munisipaliteit is in 2022 geskors. Dit het nou aan die lig gekom dat sy steeds haar volle salaris ontvang het en nou bedank het.

Dit het ‘n groot finansiële implikasie op die munisipaliteit gehad.

Die DA het hul misnoë uitgespreek teen die feit dat Mokoteli nie verantwoordelik gehou is vir die versuim van haar pligte en optrede nie. Hulle eis nou die saaknommers van die munisipaliteit vir die ondersoeke wat geloods moes word van die bewerings teen Mokoteli.

Die DA se insette wat hulle tydens ‘n vergadering in Augustus 2024 gelewer het, is nooit by die notule ingesluit nie – die vraag is: hoe word ‘n notule goedgekeur wat nie al die besprekingspunte weergee nie?

Volgens nuusberigte in 2022 het die DA-lid van die raad, Benjamin Molahloe, gesê Mokoteli is afgedank ná diensleweringskwessies en beweerde korrupsie teen haar.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui