Plaasaanval, Bejaarde egpaar buite Tzaneen aangeval en aangerand

Polisie doen ‘n beroep op inligting wat kan lei tot die arrestasie van verdagtes wat huisroof (plaasaanval) gepleeg het Tzaneen

PIETERSBURG – Die provinsiale polisiekommissaris in Limpopo luitenant-generaal Thembi Hadebe het die polisie beveel om verdagtes op te spoor en vas te trek wat ‘n bejaarde egpaar op ‘n plaas buite Tzaneen aangeval het.

Geen arrestasies is tot dusver uitgevoer nie en dit bly ‘n saak van ernstige kommer vir die polisie.

Volgens inligting is die egpaar van onderskeidelik 85 en 79 jaar na bewering Saterdag, 08 Junie 2024 omstreeks 20:30 op die plaas in die Tzaneen-polisiëringsgebied aangeval en vuurwapens gesteel.

Berigte dui daarop dat die egpaar by hul huis was toe onbekende verdagtes gewapen met pangas die vensters van die huis gebreek en toegang verkry het. .

Die verdagtes het die slagoffers gedreig en geld en vuurwapens geëis. Hulle het die egpaar met skoenveters vasgebind en hulle aangerand.

Hulle het hulle toe van vyf (05) vuurwapens met ammunisie, insluitend gewere en ander items, beroof. Hulle het daarna te voet van die toneel gevlug.

Die polisie is in kennis gestel en ‘n saak van huisroof is geopen.

’n Gesamentlike soektog is onmiddellik geaktiveer om die verdagtes op te spoor. Die span het die spore van die verdagtes gevolg, maar die verdagtes het hulle opgemerk, en van ‘n heining afgespring, en twee van die vyf gesteelde vuurwapens met ammunisie is op die grond laat val, en verdagtes het daarin geslaag om met drie in die bosse rondom Letsitelevallei pad te verdwyn. van die gesteelde vuurwapens.

Die twee vuurwapens met ammunisie is teruggevind.

Die provinsiale polisiekommissaris in Limpopo luitenant-generaal Thembi Hadebe het die operasielede geloof vir hul toewyding en vir die terugvind van die gesteelde vuurwapens. Sy het verder ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om nou met die polisie saam te werk om verdagtes wat by hierdie misdaad betrokke was in hegtenis te neem en ook die uitstaande vuurwapens wat tans in verkeerde hande is terug te kry.

Enigiemand met inligting moet speurbevelvoerder Kolonel Phoyisa Zitha kontak by 082 414 3309, misdaadstopnommer by 08600 10111, of die naaste polisie of MySAPSApp

Polisie-ondersoeke duur voort.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui