Die Suid-Afrikaanse Inkomste diens, of beter bekend as SARS, het ‘n kennisgewing uitgereik waarin die reëls rondom die aankoop van goedere vir persoonlike gebruik vanaf internasionale aanlyn kleinhandelaars soos onder andere Amazon, uitgestippel word.
Dis Inkomstediens sê die mees algemene vraag onder aankopers is of hulle as ‘n invoerder moet registreer of nie indien hulle goedere aankoop vir persoonlike gebruik.
Die Antwoord is “nee”. Die voorwaarde is dat die aankoper binne die limietriglyne hul aankope doen en voldoen aan die wysigings wat vanaf April 2024 in werking getree het.
“U hoef nie as ‘n invoerder te registreer indien u aankope aan sekere vereistes voldoen nie. Persoonlike goedere kan deur Doeane uitgeklaar word onder die generiese kode 70707070,” bevestig SARS.
Om die vereistes wat gestel word te ontduik, moet aankopers aan die volgende vereistes voldoen:
- Die aankope moet binne die transaksie limiet wees. Hierdie limiet het in April 2024 verander vanaf R50 000 tydens drie aankooptransaksies tot meer as R150 000 vir meer as een transaksie in geheel.
- Die aankoper mag slegs goedere vir huislike gebruik of persoonlike gebruik invoer. Dit mag nie vir herverkoop of enige ander besigheid wees nie.
- Die aankoper moet in Suid-Afrika woonagtig wees.
- Die identiteitsnoomer / paspoortnommer of belasting verwysingsnommer moet ten alle tye op die voorgeskrewe deklarasie vorm ingevul word.
“Sou die aankope buite die limiete wat gestel is val, moet die aankoper registreer as ‘n invoerder/uitvoerder en moet sodanige persoon ‘n kode verkry wat hom/haar magtig om as invoerder/uitvoerder op te tree.” Sê SARS.
Die inkomstediens sê hierdie uitklaringsproses is al vir menige jare in plek en dit is slegs die bedrag en hoeveelheid transaksies wat sedert April 2024 verander het.
“Die reëling hou geen verband met die moontlikheid dat addisionele belasting gehef kan word op pakkies met ‘n lae waarde nie, byvoorbeeld klere van oorsese maatskappye. Dit is op hierdie stadium nog onder bespreking en daar is geen amptelike besluit rondom dit geneem nie,” het SARS berig
Die Inkomstediens se opdatering van riglyne kom direk nadat Amazon amptelik sy aanlynverkoopdiens in Suid-Afrika beskikbaar gestel het. Amazon dryf nou wel plaaslik handel, maar dit beteken nie dat hulle dieselfde voorraad kan voorsien soos hul eweknieë in Brittanje en Amerika nie.
Die kennisgewing is ook gemik op die toename in aankope van ander aanlynwinkels soos Temu en SHEIN, wat lae koste kleinhandel opsies aan Suid-Afrikaanse aankopers bied.
Die pryse wat Suid-Afrikaners huidiglik betaal vir versending van hul aankope vanaf Temu en SHEIN gaan drasties verhoog vanaf volgende maand. Die rede hiervoor is die veranderings wat SARS en Doeane beplan om klein bestellings wat die land binnekom, anders te beheer.
Vanaf 1 Julie 2024 sal alle aankope van ingevoerde klere met ‘n waarde minder as R500, aan dieselfde invoerbelasting onderhewig wees as groter bestellings. Ingevoerde klerasie bo R500 in Suid-Afrika is onderhewig aan ‘n 45% invoerbelasting PLUS belasting op toegevoegde waarde (of VAT soos dit bekend staan).
Tot op hede is pakkies met ‘n waarde van onder R500 wat na Suid-Afrika verskeep word anders hanteer wat gevolglik ‘n laer invoerbelasting tot gevolg het. Dit sal nou op 1 Julie 2024 verander.
Baie Suid-Afrikaanse maatskappye beskuldig Temu en SHEIN daarvan dat hulle die reëls misbruik en buig deur groter bestellings in kleiner hoeveelhede en pakkies op te deel voor dit aan aankopers verskeep word
(Business Tech)
