Barberton polisiestasie se argiefkantoor brand vernietig dossiere
Provinsiale polisiewoordvoerder, brigadier Donald Mdhluli sê die polisie by die stasie het rook uit die argiefkantoor opgemerk en die owerhede dadelik gewaarsku. “Brandbestryders is na die toneel ontbied en het die brand suksesvol geblus. Gelukkig is geen beserings tydens die voorval aangemeld nie en sommige argiefdossiere is verbrand, hoewel die syfers nog vasgestel moet word,”…
