Minister Groenewald gryp in by bendeleier se tronkoorplasing
Pieter Groenewald, minister van korrektiewe dienste, het ingegryp in die verplasing van die berugte leier van die 28’s-tronkbende, George “Geweld” Thomas, na die Helderstroom-gevangenis in die Wes-Kaap. Dit volg na ‘n oproep vanuit gemeenskapsleiers weens die hoë risiko wat Thomas se teenwoordigheid vir gemeenskappe van die provinsie kan inhou. Thomas dien minstens 175 jaar gevangenisstraf…
