Mediaverklaring – Suid-Afrikaanse Polisiediens 2024/08/07
Kantoor van die Provinsiale Kommissaris Noord-Kaap
NOORD-KAAP – ‘n Herhaaldelike veediefstaloortreder, Gert Isaacs(46), oftewel Jomo, is op heterdaad betrap en tot twee jaar gevonnis vir betreding in sy poging om veediefstal te pleeg onlangs in die Victoria-Wes-landdroshof.
Isaacs het in 2023 ’n tronkstraf van tien jaar vir ’n vorige veediefstaloortreding voltooi en is weer op 31 Julie 2023 op die Kookfontein-plaas naby Victoria-Wes op heterdaad betrap.
Die beskuldigde is in hegtenis geneem en aangekla van betreding ingevolge die Wet op Veediefstal en op 05 Augustus 2024 tot twee jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.
Speurdersersant Winston Julies van die Veediefstal- en Bedreigde Spesies-eenheid het die ondersoek gelei wat tot die skuldigbevinding van die herhaalde veediefstaloortreder gelei het.
