Gesin met messe oorval, ma sterf

DURBAN, KZN. – ’n Gesin is omstreeks 3:30 Sondagoggend in hulle huis in Glenmore, Durban, met messe oorval. Die ma het gesterf, terwyl die pa en seun kritieke beserings opgedoen het.

ALS Paramedics Medical Services beskryf die toneel as afgryslik. Volgens hulle is die gesin na bewering deur ’n enkele verdagte in hulle huis oorval.

Die ma, vermoedelik in haar veertigs, is op die toneel dood verklaar. Die pa en seun is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ’n hospitaal gehaas is.

Geen inligting vir die motief van die aanval is nog onbekend. Ondersoek word deur die SAPD ingestel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui