‘n Verdagte is tydens ‘n skietgeveg met die polisie doodgeskiet ná ‘n OTM-bomaanval in Tumahole, Parys, in die Vrystaat.
Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê 12 swaargewapende verdagtes is ná die ontploffing op die toneel opgemerk.
Hy sê die polisie het ‘n klag ontvang en na die toneel gehaas en is met hul aankoms met ‘n geweervuur teëgekom.
Kareli voeg by dat die verdagtes daarin geslaag het om die geld te vat en te voet van die toneel gevlug het.
Een verdagte is tydens ‘n skietgeveg met die polisie doodgeskiet.
’n Omstander is ook geskiet en in die voet gewond.
Kareli sê ’n soektog is aan die gang om alle verdagtes wat by die voorval betrokke was op te spoor.
