Rower doodgeskiet wat winkel eienaar wou beroof

BOSBOKRANT – OOS-TRANSVAAL. ‘n Onbekende verdagte is gister omstreeks 15:15 doodgeskiet terwyl hy glo ‘n kruidenierswinkel in Violetbank in Bosbokrand wou beroof.

Kapt. Magonseni Nkosi sê twee onbekende verdagtes het sigarette en lekkergoed by die winkelassistent gekoop toe die eienaar, ‘n buitelander, uit ‘n ander vertrek kom. Een van die mans het ‘n vuurwapen te voorskyn gebring en hom gedreig. Terwyl die eienaar probeer ontsnap het, het die gewapende verdagte skote geskiet. Die winkeleienaar het met sy eie gelisensieerde vuurwapen teruggeskiet.

Een verdagte is in sy bolyf getref en is op die toneel dood verklaar. ‘n 9 mm-pistool, waarvan die reeksnommer afgevyl was, is glo langs hom gevind. Die ander verdagte het van die toneel gevlug.

Bosbokrand-polisie ondersoek sake van poging tot moord, poging tot roof, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ‘n geregtelike doodsondersoek.

Die polisie het op beide die vuurwapens beslag gelê. Dit sal ballisties getoets word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui