Tomburke inwoners in die Noord-Transvaalse bosveld trek veediewe vas

TOMBURKE – NOORD-TRANSVAAL. Bosveld Plaasbeveiliging het gister ‘n klagte van vee diefstal bygewoon en ondersoek op die plaas Speculatie in die Tomburke Area. Op die toneel is spore van 3 verdagtes geidentifiseer en gevolg tot by ‘n huis in Boscdits Village.

Daar is die woning deursoek en ‘n groot hoeveelheid beesvleis binne die huis gevind. Twee verdagtes is gearresteer en ‘n saak is deur die klient by Tomburke geregistreer. Die verdagtes asook die bewyse is aan die SAPD te Tomburke oorhandig vir aanhouding en verdere ondersoek.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui