HEILBRON – VRYSTAAT. Binne die eerste 4 ure van Maart 2024 en die eerste plaasaanval vind plaas. Ons wag nog vir meer besonderhede rakende die aanval..
’n Boer is deur 6 onbekende swart mans aangeval tussen Heilbron en Frankfort in die Vrystaat. Die aanval het omstreeks 04h00, 01 Maart 2024 plaasgevind.
Daar was vanoggend n plaasaanval op Herman Swart en sy vrou tussen Heilbron en Frankfort. Vuurwapens en ander huishoudelike items is gesteel. Voertuig is gesteel maar tussen lande gelos. Selfone is geneem en alle kommunikasie is buite werking gestel. 6 aanvallers betrokke.
Ons het nog nie baie besonderhede oor die aanval nie, maar wat ons wel kon uitvind is dat die slagoffer, Herman Swarts se Ford Ranger gebuit was en verlate terug gevind is. Na berigte het die 6 aanvallers in die bosse in gehardloop en soek spanne is agter hulle aan.
Ons hoop om binnekort meer besonderhede beskikbaar te hê.
