1653.
Uit die dagboek van Jan van Riebeeck.
Die 27ste en 28ste Februarie 1653 is tesame onder dieselfde datum in die dagboek geboekstaaf.
ñ Os en ń skaap het gedurende die dag tussen neus
en oë verdwyn.
Die vee wagters het geraporteer dat van die inheemse mense die laaste drie dae in die omgewing waargeneem was.
Later gedurende die dag is bevel gegee dat soldate die herders in die vervolg moet vergesel, en dat beide partye gewapend moes wees.
1654.
Uit die dagboek van Jan van Riebeeck.
Die dag word as bewolk, en ook aangenaam met ligte reën van tyd tot tyd beskryf.
Later gedurende die agtermiddag het die wind sterk Suid Suid-oos gedraai, en ook taamlik sterk gewaai.
1655.
Uit die dagboek van Jan van Riebeeck.
Daglumier het soos die vorige paar daar aangenaam en wolkloos gebreek.
Die wind het matig vanuit die Weste gewaai.
Die skip, “Wapen van Holland” het ñ predikant aanboord gehad. Daar is van laasgenoemde se dienste gebruik gemaak, en ñ Erediens gehou.
Sondag 27 Februarie 1656.
Uit die dagboek van Jan van Riebeeck.
Daglumier het ñ effe mistige dag aan die Kaap gebring. Die wind word beskryf weinig meer as ñ bries en het vanuit die Weste gewaai.
Die wind het gedurende die laat agtermiddag weer vanuit die Suid Suid-weste begin waai.
1657.
Uit die dagboek van Jan van Riebeeck.
Die dag word slegs beskryf as wonderskoon met ñ ligte bries vanuit die Noorde.
1836.
Die verkennings tog van komandant Hendrik Potgieter deur die Laeveld gedurende 1836.
Slot.
Die terugreis van die Potgieter geselskap
het vlot verloop.
Volgens Tregardt se daboek, asook die joernaal van Bronkhorst is daar teen die einde van Julie 1836 by die Soutpansberg aangekom.
Die Potgieter geselskap het met hul aankoms die tyding van die Van Rensburg geselskap se moorde ontvang.
Op daardie stadium was daar egter nog nie heeltemal duidelikheid gewees of dit wel die geval was nie en het ń klein berede mag na die geselskap gaan soek.
Die geselskap het bestaan uit Louis en Carel Tregardt, J.G.S.Bronkhorst, J.Robertse en A.Swanepoel.
Hierdie groepie het onverugte sake truggekeur, met besliste aanduidings dat die Van Rensburg geselskap wel vermoor was.
Die Potgieter geselskap het die Soutpansberg op die 17de Augustus 1836 verlaat en na die Sandrivier truggekeur.
Die geselskap het op die 2de September 1836 aan die Sandrivier aangekom.
Die aanval op die Erasmus kamp, Vaalrivier slag en Liebenberg Moorde het slegs enkele ure voor hul aankoms geskied.
Die slag van Vegkop gedurende Oktober 1836 is egter nog voor die deur gewees.
27 Januarie 1837.
ń Wet, bekend as die “Cape of Good Hope Punishment Act” word op hierdie dag in die “Government Gazette” gepubliseer.
In kort het dit beteken dat ń kakebeenwa soos gebruik was in die tyd nie meer as 10 pond kruit mag vervoer nie.
Hierdie wet is ingestel om voornemende Voortrekkers te ontmoedig om die Kolonie te verlaat.
*
Bogenoemde “Cape of Good Hope Punishment Act” het ook die krimenele reg teenoor Britse onderdane uitgebrei tot anderkant die 25° Suiderbreedte.
Hiervolgens is die Voortrekkers steeds as Britse onderdane gesien.
Laasgenoemde wet is op die
15de Augustus 1836 aangeneem.
Maandag 27 Februarie 1837.
Uit die dagboek van Louis Tregardt.
Louis beskryf die dag as besonder warm en sonder enige miswolke.
Carolus het agtermidag na die vee toe oorgery. Hy bring later berig dat hy Jan Pretorius se wa gesien het.
Dinsdag 27 Februarie 1838.
Uit die dagboek van Louis Tregardt.
Die geselskap het alles behalwe ń rustige nag gehad. Louis skryf dat die skape kort voor eerste hanekraai vir iets geskrik het en onrustig was.
Willem was op wag en het tesame met die honde nader gedraf.
Louis het op daardie stadium net wakker geword en het op sy voorkis gesit om uit die geluide te probeer agterkom wat aangaan.
Volgende oomblik het Willem met die langsweep geklap dat die bobejane skoon
van skrik begin blaf het.
Louis wou net opstaan toe hy hoor hoe ń bok besig was om te wurg, en het die beeste vanself by sy wa kom staan.
Louis het sy pangeweer gevat, van die wa gespring en gestap na waar Jan gestaan het.
Die leeu het tesame vyf skape en ń bok doodgebyt.
Die son het skaars kaans gehad om die dou van die gras te brand toe die mans te perd die leeu se spoor gevat het.
Die honde het die spoor gehou tot by ń
smal beboste sloot. Hul was egter skaars die sloot in of hul was weer daaruit.
Die leeu, ń wyfie was nie lus vir speel nie en het soos ń geel blits gestorm.
Louis skryf dat die gras lank en hoog was en dat sig beperk was. Die leeu moes hul waarskynlik geruik het en het weer kortom trug die sloot in gespring.
Die honde was agterna en nie lank of sy het weer gestorm. Jan het die keer reg gestaan, maar sy pangeweer het geweier.
Louis het vasgetrap en haar been net onder die boud afgeskiet.
Jan het intussen sy pangeweer herstel en het saam met Pieta die leeu doodgeskiet.
Die groep het kort daarna weer na die staning truggekeur. Hul het skaars kaans gehad om die perde koud te lei toe ń vreemde kaptein by name van Seuwhoe met omtrent 130 man by die staning aangekom het.
Die kaptein het ń olifanttand, asook mielies, bone en waatlemoene gebring.
Die olifanttand was waarskynlik as geskenk bedoel, en met die res is daar handel gedryf.
Louis skryf dat hul kort daarna ingespan het en getrek het tot by ń klein riviertjie wat in die Matamhaale ingeloop het.
1837.
Geen inskrywings op hierdie dag in die dagboek van eerwaarde Erasmus Smit.
Dinsdag 27 Februarie 1838.
Uit die dagboek van eerwaarde Erasmus Smit.
Eerwaarde Smit noem in sy dagboek dat hul
rondom middernag gewek is deur ń boodskapper te perd.
Gert Maritz het berig vanaf Zaailager gestuur dat ‘n Zoeloe impi die vorige dag aan die Boesmansrivier en in die omgewing van Bloukrans rivier gesien was.
Mans, vroue kinders, almal wat kon het gehelp en is die laer (Doornkop) gevegs gereed gemaak. Teen sonop het daar egter nog niks gebeur nie.
Eerwaarde Smit skryf dat hy buite die laer op sy knieë die Here gedank dat hul ‘n aanval gespaar gebly het.
” Naardien God de aanval heeft afgewend, ging ik met zonsopgaan naar my bidplaats om Hem daarvoor te danken.”
Daarna besoek hy onder andere juffrou Jacobs, en Van der Merwe.
Volgens die eerwaarde was hul stadig maar seker besig om gesond te word.
Later het Gert Maritz, tesame met Salomon en Ignatius Maritz, asook Izak van Niekerk besoek aan Doornkop gebring.
*
Gert Maritz se laer, (S)Zaailager was aan die Boesmansrivier net buite Estcourt geleë.
Hierdie laer was gedurende die oggend van die 17de Februarie aangeval en met sukses verdedig. Gert Maritz het kort daarna hierdie laer opgebreek, en versit na die Tugela rivier.
Hierdie laer het bekend gestaan as Sooilaer.
Volgens die dagboek van Eerwaarde Erasmus Smit het Maritz op die 25ste 26ste by die Tugela aangekom, en het die boodskapper vandaar na Doornkop vertrek om die waarskuwing weg te bring.
1864.
Generaal Johannes Nicolaas Hendrik Grobler in die Lydenburg distrik gebore.
Hy word so vroeg as 1899 reeds bevorder na die rang van kommandant.
Gedurende Oktober (23ste) 1901 was hy bevorder na Veg-generaal.
Hy het homself kranig gedurende die oorlog gedra en is tot aan die einde in die veld gewees.
1871.
Victoria Wes word deur ñ vloed getref. Bogenoemde was die gevolg van ñ wolkbreek in die omgewing.
1881.
Die slag van Majuba.
Majuba is die laaste van vier veldslae tussen die Z.A.R, en Britanje.
Bogenoemde was in kort die gevolg van Britanje se onregmatige aneksering van die Zuid Afrikaanche Republiek (ZAR) op die 12de April 1877.
Bogenoemde was aanvangklik ondermeer met deputasies en petisies teengestaan.
Laasgenoemde was onsuksesvol en was daar op die die 8ste Desember 1880 te Paardekraal besluit om die ZAR vreiheid met geweld trug te neem.
Britse garnisoene was ondermeer by Potchefstroom beset en het die eerste slag kort daarna by te Bronkhorstspruit geskied.
Majuba was die laaste en beslissende veldslag in wat ook bekend staan as die Eerste Vreiheids oorlog.
1884.
Die Zuid-Afrikaanshe Republiek word as sowerein onafhanklike staat deur Britanje erken met die ondertekening van die Londen konfensie.
Dinsdag 27 Februarie 1900.
Anglo-Boereoorlog.
Dag nommer 140 van die oorlog.
Die 10de dag van die veldslag by Paardeberg.
- Generaal Piet Cronje gee met 3919 man by Paardeberg aan die Britse magte oor.
Hy was vanaf die 15de Februarie 1900
onderwerp aan ‘n konstante bombardering en het in ‘n konstante staat van beleg verkeer.
Aan Britse kant het 239 man gesneuwel, is 1095 gewond en was 67 man as vermis in aksie aangemeld. - Die slag van Pietershoogte geskied ook op hierdie dag. In kort breek genl.Revers Buller deur die Boere stellings in Natal.
Ladysmith wat op daardie stadium in ń staat van beleg verkeer het is kort daarna ontset.
Woensdag 27 Februarie 1901.
Anglo-Boereoorlog.
Dag nommer 505 van die oorlog.
- Generaal, s De Wet en Hertzog sluit bymekaar aan by Sanddrif wat in volle vloed is.
Met die Btitse magte wat op sy hake is beweeg hul al langs die rivier en soek hy deurkom plek.
Generaal De Wet besef hy is gedruk vir tyd en spring kortom.
Hy slaag op byna bomenslike wyse daarin om deur die kelonne te beweeg. - Met betreking tot die konsentrasiekampe :
Verskillende tipe rantsoene word vir verskillende tipe kamp inwoners ingestel.
Diegene wat vrywilliglik in die kampe was sou bv. 7 pond meel ontvang, terwyl diegene met mans op kommando minder as die helfte daarvan sou ontvang.
In die Vrystaat het sogenaamde ongewenstes, met ander woorde diegene met mans op kommando slegs maar ‘n halwe pond vleis,
‘n halfpond meel, rys en of samp,
‘n halwe ons koffie,
‘n ons suiker, ‘n ons sout
en een agtiende van ‘n blik kondensmelk per persoon per dag ontvang.
Diegene vrywillig in die kampe het ‘n half pond vleis, ‘n half pond meel, rys, samp of aartappels,
een en ‘n halwe onse koffie, 3 onse suiker
‘n ons sout, en een twaalfde van ‘n blik kondensmelk per persoon per dag ontvang.
Dit is goed om te let op die feit dat wat op papier bestaan het, nie noodwendig is wat die mense ontvang her nie, veral met betrekking tot vleis.
Hierdie tipe van onderskeid is later stopgesit.
Frydag 27 Februarie 1902.
Anglo-Boereoorlog.
Dag nommer 871 van die oorlog.
- Die “Bushveld Carbineers”.
Luitenante Handcock en Morant word ter dood veroordeel. Hul was skuldig bevind aan verskeie moorde op ongewapende Boere krygsgevangenes. - Gideon J.van Zyl, ń 78 Burger te velde,
asook Johannes van Heerden wat slegs maar sewe jaar oud was word by Dwaalspruit gevang.
Van Zyl is die oudste aktiewe Burger wat gedurende die oorlog gevang was,
en Van Heerden die jongste.
Beide is gedeporteer as krygsgevangenes.
1902.
Die bekende Suid-Afrikaanse skrywer en digter Christiaan Maurits van den Heever, in kort C.M.van den Heever op die dag gebore.
Hy word veral onthou vir sy werke, “Somer” en “Laat vrugte”.
1925.
Vanstadensrus.
Die dorp Vanstadensrus amptelik op die dag in die staatskoerant geproklameer.
Provinsiale goedkeuring het reeds op die 20ste April 1920 geskied. Die dorp is aangelê op die plaas Mook wat behoort het aan M.H.van Staden.
Mook was gekies omrede daar ñ enorme groot dam op die plaas gebou was, en ook omrede dit sentraal tussenb Wepener, Zastron en Rouxville geleë is.
