Die dag in die geskiedenis toe Pretoria vir die eerste keer krag gekry het

Elektriese krag is in 1892 in Pretoria bekendgestel. Die eerste kragstasie was geleë in Schoeman straat net oos van die Tramshed. Op die eerste foto kan die skoorsteen aan die linkerkant gesien word en die koeltoring aan die regterkant. Elektrisiteit is verskaf deur ‘n maatskappy genaamd “Pretoria Verlichtings Maatschappij Beperkt”. Volgens die toegewings bepalings kon buitengewoon swaar boetes van tot £100 per dag gehef word as die maatskappy nie krag sou produseer nie, selfs vir net ‘n paar minute. Taxi bestuurders is as “lamp verkenners” aangestel en is 2/6 (2 sjielings, 6 pennies) betaal vir elke straatlamp onderbreking wat hulle aangemeld het!

Toe die Pretoria Munisipaliteit in 1903 gestig is, het die maatskappy sy onderneming verkoop aan die munisipaliteit wat van toe af die diens gelewer het. Die Pretoria-Wes-kragstasie het die Schoeman straat kragstasie in die 1920’s vervang. Die tweede foto is in 1957 geneem.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui