Rayton en omgewing se krag af vanaf 22h30 27/02/2024 asgevolg van kabeldiefstal

RAYTON – SENTRAAL-TRANSVAAL Die krag in Rayton is af sedert gisteraand en sedertdien nog nie herstel nie. Daar was op geslote baan kameras wat deur die gemeenskap geïnstalleer is gesien hoe kabeldiewe by die substasie peuter.

Die plaaslike buurtwag het gereageer na die dorp se hoof substasie. Toe hulle op die perseel was die kabels reeds gesny en toevoer na die dorp en omgewing was reeds onderbreek. Die kabel was na berigte egter nog nie verwyder nie.

Volgens woordvoerders is Eskom op die perseel maar die geraamde tyd van toevoer herstel is nog nie bekend nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui