Heilbron SAPD speurders gearresteer wat omkoopgeld vereis

HEILBRON-VRYSTAAT – Die valke het 3 speurders van Heilbron in die Vrystaat vasgetrek nadat hulle omkoopgeld van ’n lid van die publiek geëis het, om hom nie in hegtenis te neem nie. Die 2 Polisielede, ouderdomme tussen 39 en 48 jaar oud was by ’n winkelsentrum in hegtenis geneem.

Die 3 het omkoopgeld ter waarde van R6000 van die man vereis om hom nie in hegtenis te neem nie. Die man kon hulle egter net R2000 betaal

Die verdagtes het later kontak gemaak met die man waarop hulle die uitstaande R4000 geëis het. Die saak was na die Valke verwys en in ’n lokval is die verdagtes gearresteer toe die man die R4000 aan hulle oorhandig het.

Die verdagtes sal Dinsdag in die Ga-Rankuwa-landdroshof op aanklagte van korrupsie verskyn.

One thought on “Heilbron SAPD speurders gearresteer wat omkoopgeld vereis

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui