Geskryf Deur: Klaas Prinsloo van die Wit kruis Monument
Daar is beide n maklike en n moeilike manier om oor Plaasmoorde en Aanvalle te praat.
Die maklike manier? Maak soos die huidige President, Cyril Ramaphosa en ontken dat ons plaasboere uitgemoor word. Of soos n ander politikus beweer; plaasboere is nie nodig nie, wat jy wil eet kan jy in die winkels koop.
Jy kan van die faksie wees wat reken dat dit vergelding is vir die ‘slagting’ op Nie Blankes tydens die Apartheid era. Jy kan openlik op sosiale media jou mening lug en Plaasmoorde en Aanvalle goedkeur. Dis mos maklik om te tik en die pot te roer, mense onthuts te maak vanuit die beskermende veiligheid van jou huis, motor of kantoor. Die sleutelbord soldate. Dapperstes van die sotte daar buite, wat met invloed hulle reisgenote opsweep sonder dat die genote dit besef dat hulle val vir n psigologiese bespoeling van hulle rasionaliteit. Dit is daardie faksie wat van mening is dat Plaasmoorde en Aanvalle ras gedrewe is wat ‘n heeltemal verkeerde persepsie is
Daar is ook n midde weg. Jy gaan tekere op sosiale media soos n pa langs die rugbyveld wat vir sy seun skreeu om dit so of so te doen wat in elk geval niks verander aan die uitkoms van die wedstryd nie. Jy kan n duisend keer op sosiale media tik, “dit moet stop”, of “wat gaan die regering daaromtrent doen?”
Kom ek se jou nou, die regering gaan niks doen nie. Hulle doen hulle werk waarvoor hulle aangestel is nie waarvoor hulle by die stembus verkies is nie. Sien, dis nie die stembus wat die regering aanstel nie. Dit is n organisasie wat alles beheer soos marionet-meesters. So nou en dan hoor jy iets belowend. Die leiers van die land erken skielik dat Plaasmoorde n probleem is en onderneem om stappe te neem. Dan is die publiek tevrede en ons beweeg aan. Maar (en ek wens ek kon die word langer rek) daar is dié daar buite wat wag en weet. Niks gaan gebeur nie.

Of jy kan praat uit die hart van ‘n Boer. Op ‘n manier wat jy nie anders kan as om met waterige oё te dink aan die gevalle wat op die internet gelys is maar nie van gepraat word op hoof-stroom media nie. Moorde en aanvalle waar daar deur ons polisiemag geen hond haaraf gemaak is nie en wat die gaping tussen misdaad en geregtigheid daarná, net nog groter rek.
Intussen rek die gaping tussen die wat kos verbou en die wat moet eet, ook net soveel verder. Maar ken jy die geheim daarvan? Die plan van die marionet-meesters? Kos skaarstes, beheer oor die massas. Dis n duiwelse plan on God se kinders uit te honger, te onderdruk tot ons nie meer in staat is om rasioneel te dink nie.
Ons sit met n dilemma; ‘n Plaasaanval of Moord gebeur maar n paar weke daarna, is dit vergete. Ons gooi n graf toe vol emosie en ons stap weg. Vir party is dit maklik, vir ander is dit ‘n ewige stryd teen die hartseer, die leemte en bitterheid. En dan, die herinnering. Met wie gaan ek nou die spesiale dinge deel? Waar is my ouboet as ek raad nodig het? En ek suig nie die goed uit my duim nie, Ek ken hierdie mense, het die rukke van sulke snikke teen my bors gevoel, voel steeds daardie trane wat my kaki hemp deurdrenk het. En as ek terug dink aan sulke gevalle, dan huil ek self.
Die stryd teen dit is net so ewig. Ek wens ek kon vir jou sȇ dat ons die of daai aksie moet neem. Staan ons in solidariteit op en begin weerstand bied, is ons dalk ongelyk met die Wet. Ons ontketen dalk n oorlog waarvoor ons nie voorbereid is nie en nog minder kan wen nie. Want sien, die aanslag teen ons is gebaseer op twee dinge. Eerstens ons velkleur en tweedens, omdat ons as gevolg van ons velkleur oorwegend Protestantse Christene is.

Plaasmoorde en Aanvalle is amper n wetenskap, n bedryf. Dit is lonend vir die wat dit beplan. Mense dink n plaasaanval gebeur net? Nee! Daar is beplanning hieraan verbonde. Maande se beplanning. Dis n navorsingsproses, inligting, roetines, swakhede, items van waarde soos vuurwapens, geld en wat ook al geneem kan word.
Jy sien foto’s op sosiale media en staan verslae oor hoe so iets kan gebeur? Hoe kan ‘n mens dit aan n ander mens doen? Dis moetie, bedwelmende middels. Dinge wat mense in diere verander. Die barbaarsheid van die daad word gedryf deur die plaaslike sangoma se medisyne, die goëlery en geeste. Dis para-normaal die goed. Ek het in my heel eerste video gesê, “Ons stryd is nie teen Vlees en Bloed nie.” Plaasmoorde en aanvalle is maar deel van die groter prent van die eeue oue stryd tussen die Lig en Duisternis. Maar Duisternis se tyd kom, Dit se ek vir jou so seker as wat ek weet, ons dien ‘n Lewende God.
Jy kan saam met my stap, dis n moeilike pad. Ek kan jou Messina toe vat of dalk Tzaneen toe. Daar kan ons die grafte van die Van Ecks en die De Nysschens besoek. Maar jy sal nie agterkom dat een graf makeer nie. Een klein liggaampie wat daardie Desember Sondag middag in 1985 met soveel geweld getref is toe daardie bakkie die landmyn aftrap, dat sy oorskot nooit gevind is nie.
So ver terug? Ja, so ver terug en selfs verder. Toe het ons dit terrorisme genoem. Vandag ontken die terroriste dat Plaasmoorde en Aanvalle wel n realiteit is. Ek is besig met n reeks op YouTube “Farm murders – A Total Onslaught against South Africa.” Ek werk aan deel 4. Deel 3 het sovêr as tot by Maart 2004 gevorder. Daar is nog twintig jaar se geskiedenis wat gedek moet word. Dis n proses, jy kry nie n paar feite bymekaar en siedaar nie. Dis harde werk, nodige werk. Sonder om myself te promoveer, jy is welkom om te gaan kyk en as redaksie wil, sal ek n skakel los vir die wat belang stel.

Ons kan n draai gaan maak op Gravelotte waar Oom John en Tannie Bina Cross een Sondag middag in hulle huis eers gemartel, en toe vermoor is. Ons kan in die Laeveld gaan kuier, ek sal jou die grafte gaan wys. Mense wat ek geken het, dalk mense wat jy self ken, of geken het.
Langs die pad gaan ons ook aandoen by die wat dit oorleef het, of onregverdig agter gelaat is. Mense wat gepynig was in vyf teen een worstelings terwyl n ketel aan die kook gekry is. Hulpkrete wat verniet opgegaan het en eers later gehoor is.
Net voor ons die reis begin, ek moet jou waarsku, daar is ook kinders betrokke. Weeskinders, en kinders met gekerfde graniet name. ‘n Hele paar. Kinders wat toe, nie die doel van dit alles verstaan het nie. Kinders wat gesterf het in n oorlog wat hulle in saamgesleep is omdat hulle op ‘n plaas gebly het, of n Plaasboer se kind was. Kinders wat saam met klonkies kaalvoet rondgeloop het maar nie deur aanvallers oorgesien is nie.
Die graaf tref n graspol. Weer ‘n keer. En weer ‘n keer, My oё lig op en ek sien die naam op die wit metaal kruis. Karin Turner. Sy is op 16 September 2019 vermoor. Sy was maar 31. So gly my oё oor die see van wit kruise teen klipperige rug in die Ysterberge. Die trane loop vry. Ek bedaar weereens en ek herken ander name. Jy leer hulle ken, jy weet van baie maar jy sal nie almal se name ken nie. Dalk eendag.
Ek is op die stoep, net gou Julie se video stoor en dan gou oplaai. Dan “dieng” my foon in my hand. Dis n boodskap van n vriend. Daardie middag is Oom Theo Bekker op sy plaas naby Grootvlei, skuins anderkant Heidelberg vermoor. Ek skiet n vinnige video met die nuus en las dit in, dan laai ek op.
Ek het in Junie begin met videos oor plaasmoorde. Die gedagte was om n stem te word vir Plaasmoorde en Aanvalle. Dis nie vir my nie. Dis vir my volk, my mense. Ek het betrokke geraak. Ek is nie n sleutelbord soldaat nie, maar ek sit ook nie handjies gevou nie.
Ek wens ek kon vir jou sȇ dat dinge gaan verander. Dalk gaan dit, dalk nie. September 2024 plant ons weer kruise, nog kruise… Amper 3000 sovêr op daai Hartsmonument in die Bosveld

Dankie Klaas vir jou geveg in die stryd.
Dankie vir die voorreg om deel te word van Volkskrag Nuus en so saam n verskil maak. Dankie vir waarheid. Op my beskeie bydrae waardaar oorlewing is by plaasaanvalle verleen ek vrywillige Traumabystand vir ons mense kontak my gerus. Ek stap die pad saam ons mense wasr hulle op plase aangeval is. Met hofverrigtinge en met hofvoorbereiding. Groete Ella
Dankie en sterkte vir ons plaasboere. Julle Hou ons land nog aan die gang deur die Vader wat ons krag gee.
Stop plaas moorde. Jou voedsel kom nie uit die winkel uit nie, dit kom uit die grond wat die boere bewerk en plant. Hou op soos n dwaas redeneer. Gebruik jou gesonde verstand wat ons Vader jou gegee het.