Nege misdadigers gevang ná Valke op ‘n dwelm labratorium in Krugersdorp toeslaan.

Nege mense is in hegtenis geneem nadat die Valke op ʼn groot dwelmlaboratorium in Krugersdorp-Wes aan die Wes-Rand toegeslaan het.

Volgens kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, is daar Maandag op die laboratorium in Pulleystraat in Boltonia, ‘n indistrieële area in Krugersdorp-Wes toegeslaan nadat inligting ontvang is. Dwelmmiddels ter waarde van miljoene rande is glo op industriële skaal by die super-laboratorium vervaardig.

Lede van die Valke het op die vervalle fabriek toegesak en op ʼn verskeidenheid chemikalieë afgekom wat gebruik word om metamfetamien, oftewel tik, te vervaardig. Tydens die deursoeking van die perseel is nege verdagtes, onder wie twee vroue, aangekeer.

Die nege verdagtes, tussen 18 en 55 jaar oud, sal Woensdag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die vervaardiging van dwelmmiddels.

Daar was egter geen van die eienaars van die labratorium op die perseel aangetref nie. Die ondersoek duur voort en hopelik kan hulle nog skuldiges vas trek.

Die vraag ontstaan egter hoe lank die plek al in bedryf is en hoeveel lewens dit verwoes het voor dit ontdek is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui