Verkeerschaos op die N3 toe ‘n vragmotor in meer as ‘n dosyn voertuie vasry
Ten minste 17 mense is Donderdagoggend vroeg beseer in ‘n massiewe ongeluk waarby verskeie vragmotors en ligte motorvoertuie betrokke was op die N3-snelweg naby Peacevale. Die voorval het ure se sluiting en ernstige verkeersvertragings veroorsaak terwyl nooddienste na die toneel gehaas het. Volgens ALS Paramedics het die ongeluk net na 7:30 vm. aan die Pietermaritzburg-rigtingkant…
