Law Society of South Africa veroordeel moord op prokureur Bouwer van Niekerk
“Dit was ‘n doelbewuste aanval.” Só het die Gautengse polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, die skaamtelose dagligskietery van die insolvensieprokureur, Bouwer van Niekerk, beskryf. Die Prokureursorde van Suid-Afrika (LSSA) het die sluipmoord op Bouwer van Niekerk, ‘n gerespekteerde insolvensieprokureur wat verlede Vrydag by sy firma in Saxonwold, Gauteng, doodgeskiet is, veroordeel. Volgens die polisie is Van Niekerk…
