‘n OPVOLG VAN DIE VEROOTMOEDIGINGSVERSOEK VAN DINSDAG 30 Julie 2024

Saamgestel Deur: Willem Etsebeth

Deur jou voor jou God te verootmoedig is geensins n nuutjie vir ons as Boervolk nie.

Sonder om in te veel detail in te gaan kan ons met dankbare trots onder andere die

  • gelofte van 16 Desember 1838,
  • die Paardekraal gelofte,
  • die dankgelofte van Jan van Riebeeck van 1654 en die bekende wonderwerke wat daarme gepaard gegaan het in herinnering roep.

Soos by van hierdie geskiedkundige geloftes is die Boervolk weereens op die punt dat ons planloos en magteloos besef dat ons van die basis van ons stigting en bestaan vervreem geraak het, naamlik ons vertroue op ons almagtige Hemelvader voor wie ons skandelik gesondig het, en dus ons eie Godgegewe en wêreldbekende identiteit verkwansel het vir nuttelose wereldsgoed en valse voorspoed.

Ons sou dus verplig wees om euwels soos godsdienste anders as die Bybelse evangelie, die ontheiliging van die Sabbatdag, homoseksualisme, prostutisie en aanverwante dade en instansies, dobbelary van enige aard en loterye asook verbastering oor rasse grense heen onwettig te verklaar, en dat ons sal aandring by n nuwe regering om bogenoemde in ons wetgewing op te neem.

As Bybelse voorbeelde lees ons van die volksverootmoedigibg van koning Jehiskia in 2Kron 29:

:3 Hy het in die eerste jaar van sy regering, in die eerste maand, die deure van die huis van die HERE oopgemaak en dit herstel,
:4 en die priesters en die Leviete laat inkom en hulle versamel op die Oosplein
:5 en vir hulle gesê: Luister na my, Leviete! Heilig julle nou, en heilig die huis van die HERE, die God van julle vaders, en bring die onreinheid uit die heiligdom uit;
:6 want ons vaders het ontrou gehandel en gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE onse God, en hulle het Hom verlaat en hulle aangesig van die tabernakel van die HERE afgewend en dit die rug toegekeer.
:8 Daarom het ‘n toorn van die HERE oor Juda en Jerusalem gekom, en Hy het hulle ‘n skrikbeeld, ‘n voorwerp van verbasing en van bespotting gemaak, soos julle met jul eie oë sien.
:9 En kyk, hierom het ons vaders deur die swaard geval en is ons seuns en ons dogters en ons vroue in gevangenskap.
:10 Nou is dit in my hart om ‘n verbond te sluit met die HERE, die God van Israel, dat sy toorngloed van ons afgewend kan word.
:11 My seuns, wees nou nie nalatig nie, want die HERE het julle verkies om voor sy aangesig te staan, om Hom te dien en sy dienaars te wees en offerrook te laat opgaan.

–              en ook die verootmoediging van die volk onder koning Josia in 2Kron 34

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui