Gautengse familie gered nadat hulle by Sandstrand see toe meegesleur is
’n Gesin van drie van Gauteng is gered nadat hulle na die see by Sandstrand, Jongensfontein naby Stilbaai in die Wes-Kaap meegesleur is. Die Nasionale Seereddingsinstituut sê ooggetuieverslae dui daarop dat die egpaar en hul tienerdogter in skeurstrome vasgevang is. “Twee branderplankryers het ook bygestaan deur na die familie uit te swem. Die ma is…
